Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ontslag uit die gestig" deur JEANNE GOOSEN
"Ontslag uit die gestig" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51748] Di, 16 Oktober 2001 03:05 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ontslag uit die gestig
Jeanne Goosen

Ontbyt, oggendleegte en Bach-kantates
'n Man met veertien kinders
jubel arpeggio's teen die plafonne uit
Buite lê die dae verspil in die strate
Hulle is gebroke busse, sonder wieldoppe
of wange
Vader Bach, waar kry jy die vreugde vandaan?
Die bediende vryf die vloere
en ek ruik nie meer dat ek weg was nie
Sy was die skottelgoed
en ek hoor ek is terug
Sy was die reuk van die malhuis uit my trui.
(Ek rook te veel. Gaan ek kanker kry? Gaan ek?)
Soos 'n gewone mens lees ek die koerant:
Idi Amin: "Vryheid is 'n tros piesangs…."
Buite op die grasperk
sing my trui met 'n oop mond
tussen die herfsblare.
Re: "Ontslag uit die gestig" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51751 is 'n antwoord op boodskap #51748] Di, 16 Oktober 2001 06:17 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Oct 2001 03:05:17 GMT, @home.com wrote:

Dankie (sommer namens die Streepmuis). Ek voel soos 'n idioot om iets
te probeer sê van iets wat ek absoluut niks van weet nie, maar daar
was iets in die eerste gedig en veral in hierdie ene wat my vreeslik
aan Ginsberg (en ander van die Beat generasie) laat dink het.

> Ontslag uit die gestig
> Jeanne Goosen
>
> Ontbyt, oggendleegte en Bach-kantates
> 'n Man met veertien kinders
> jubel arpeggio's teen die plafonne uit
> Buite lê die dae verspil in die strate
> Hulle is gebroke busse, sonder wieldoppe
> of wange
> Vader Bach, waar kry jy die vreugde vandaan?
> Die bediende vryf die vloere
> en ek ruik nie meer dat ek weg was nie
> Sy was die skottelgoed
> en ek hoor ek is terug
> Sy was die reuk van die malhuis uit my trui.
> (Ek rook te veel. Gaan ek kanker kry? Gaan ek?)
> Soos 'n gewone mens lees ek die koerant:
> Idi Amin: "Vryheid is 'n tros piesangs…."
> Buite op die grasperk
> sing my trui met 'n oop mond
> tussen die herfsblare.
>
Vorige onderwerp: "nuwe hemp" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 13:07:16 MGT 2024